Kinders Brief 4

Roosknoppie in ons tuin. Uit die tuin van rose het Jesus jou kom pluk.
Die kleinste, mooiste pienk rosie, net die beste vir Jesus se tuin.
Ons min jou teer, maar Jesus min jou meer!

Namens ________________________________

Kinders Brief 1

Met trane het ons jou aanskou, met liefde het ons jou vasgehou.
Ons teerste sorg het niks gebaat, want toe die Vader jou roep moes jy ons verlaat.
Ons sal jou altyd liefhe onse kleinding.

Namens ______________________________

Brief no 31

Met liefde en deernis dink ons aan jou. Ons sal jou stil teenwoordigheid in die huis altyd onthou, die klein glimlaggies as ons jou misverstaan as jy iets vra en die waardigheid wat jy behou het tot die einde.

Dankie vir die voorreg om God te kon gehoorsaam en jou laaste week met ons te kon deel, herinneringe aan jou is diep in ons harte inge ets.

Namens _________________________________________

Brief no 30

As ek net geweet het dis die laaste keer dat ek jou aan die slaap sou sien raak, sou ek meet moeite gedoen het om jou warm toe te maak.

As ek geweet het dis die laaste keer date k by jou deur gaan uitloop, sou ek omgedraai het, jou gedruk en gesoen het.

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor, sou ek jou woorde op band opgeneem het sodat ek dit weer en weer kon speel.

Kom ons maak vandag tyd om te se:
“Ek is jammer” of “dankie” ek waardeer jou”
Dalk is daar nie ‘n more nie, kom ons leef voluit!
Waardeer vandag die mense rondom jou.
Hou vandag jou dierbares styf vas en fluister in hul oor:
“jy is spesiaal – ek is lief vir jou!”

In liefde sal ons jou altyd onthou as ‘n besonderse mens.

Namens ________________________________________

Brief no 29

Here, maak my ‘n instrument van U Vrede! Waar daar haat is, laat my liefde bring. Waar daar leed is, vergifnis. Waar daar twyfel is, geloof. Waar daar wanhoop s, hoop. Waar daar duisternis is, mag ek die lig bring. Waar daar droefheid is, vreugde.

Heilige Meester, gee date k nie soseer salt rag om vertroos te word nie, as om te vertroos, om verstaan te word as om te verstaan, om bemin te word maar dan om te bemin. Want dit is deur te gee dat ons ontvang, dit is deur te vergewe dat ons vergewe word. Dit is deur te sterwe dat ons tot die ewige lewe gebore is.

Namens _______________________________________

Brief no 28

Ek weet jy wonder soms hoekom dinge moet gebeur. Jy het baie vrae en jou hart is baie seer, my plek is leeg langs jou, maar ek sal altyd by jou wees.

As jy na my verlang, onthou ek is by jou in die gees. My tyd op die aarde is nou verby, my lewe was afgemeet. Ek weet jy moet agterbly, maar ek sal jou nooit vergeet. Ek is nou in die hemel en ek wil nerens anders wees nie, want hier is ek gelukkig, hier kry ek nooit weer seer. Ek is nou in die hemel maar my hart is by jou.

Nou is ek die engel was sy vlerke om jou hou. Ek sien jou trane elke dag, ek wens ek kan dit afdroog. Ek wil nie he jy moet huil nie, want kyk ek is in die reenboog. Hier sal ek altyd wag vir jou, hier in ons hemelse huis. Ek hoop jy volg die regte pad, tot hier by die kruis.

Namens _________________________________________

Brief no 27

Soms was pappa/mamma se lewe vol glasstukkies wat van alle kante seer gesny het.

Dit het soms so seer geword dat pa/ma moed verloor het. Maar pa/ma het in die Here geglo en Hy het al die klein stukkies glad bymekaar geskraap en dit herrangskik en van pa/ma ‘n beter mens gemaak.

Namens _____________________________________.

Brief no 26

Sluit net jou oe, maak oop jou hart en weg is jou kommer, jou pyn en jou smart. Gee jou net oor, luister en wees stil. Laat Hy jou lei, berus in Sy wil. As ons volhard en ons doen ons bes dan neem God by ons oor en Hy doen die res. Word ons soms swak na liggaam en gees, ‘n geopende deur sal altyd daar wees en dit is die deur van “die Huis van Gebed”.

Waar God vir ons wag as ons Hom nodig het, ons vind daardie Huis en dan vind ons ook die Vader. Waar ons kan kneel en stil in gebed verkeer, want God soek die hart jou hart om dit te reinig en skoon te maak. Dit Sy temple kan word om in te woon. God hoor ons gebede en Hy antwoord beslis as ons net in Sy Heilige wil berus. Ons sorge en kommder die laste wat pla word op kragtige vleuels van Gebed weggedra.

Namens ________________________________________________